fbpx
-20%
, , , , , , ,

Wat sê jy?

van Carpe Diem Media
sagteband
Beskikbaarheid:

In voorraad


Daar is krag in jou woorde

Liesel Krause-Wiid en 40 vrouedominees skryf saam aan hierdie boek om vroue te leer dat hulle woorde ander mense se lewens kan verander. Hulle laat jou besef dat dit soms beter is om twee keer te dink voor jy praat, want daar is skeppende en vernietigende krag in jou woorde.

R80.00 R100.00

In voorraad

Jou tong kan heel maak óf seer maak

Jou hele lewe is gevul met woorde. Woorde wat jy hoor, lees, skryf en praat.

Party woorde laat jou blom en ander kan jou lelik kwets. Een nare opmerking op Facebook laat ’n skinderstorie posvat wat iemand kan knak.

Aan die ander kant wys die woorde diep uit jou hart hoeveel jy régtig omgee. Dis soos kunsmis wat jou geliefdes laat groei en hulle harte laat sing – ’n pleister vir die seer. God het geskep deur woorde: “Laat daar … wees” – en dit het gebeur.

Jou woorde kan nie iets uit niks skep nie, maar dit het beslis die krag om:

  • jou man weer in homself te laat glo
  • jou kind se drome vlerke te gee
  • jou vriendin se dag te maak
  • ’n verlore siel by die Vader uit te kry
  • die land ’n beter plek te maak, vir almal.

Ons het 40 vrouedominees, onder leiding van Liesel Krause-Wiid, gevra om elkeen ’n Bybelvers te kies en te skryf oor die impak van jou woorde. Nadat jy hierdie boek gelees het, sal jy beslis twee keer dink voor jy praat!

Gebaseer op 0 resensies

0.0 algeheel
0
0
0
0
0

Wees die eerste om 'n resensie te los vir “Wat sê jy?”

Daar is nog geen resensies nie.

Carpe Diem Media

Verwerking tydperk

Reg om te versend binne 1-3 werksdae van Suid Afrika

error: Inhoud Is Beskerm!!