Wie Is God (Sagteband) - Voelgoedboeke
-10%
, , , , ,

Wie Is God (Sagteband)

van Cum Books
Beskikbaarheid:

In voorraad


Dr. Chris van Wyk se passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. Die Woord is vir hom ‘n huis om in te woon. Met sy skryfwerk sluit hy die Bybel vir mense oor die wêreld heen oop. Dié voormalige moderator van die Oos-Kaap dien tans op die Algemene Sinode se moderatuur. Chris is getroud met Lynette en hulle het drie kinders en ook kleinkinders.

R72.00 R80.00

In voorraad

As jy die produk koop kan jy 36 Bonuspunte verdien.

As iemand vir jou vra: “Wat glo jy?” kan jy die kern van wat ons glo as antwoord gee? Vrae omtrent die Bybel, geloof en die kerk is nooit maklik nie. Sommige vrae lýk eenvoudig en ander kan jy sommer sien, gaan ure se kopkrap meebring!

Chris van Wyk het kort en kragtige antwoorde geformuleer op vrae soos: “Wat is die Drie-eenheid?” “Wat verwag God van jou in sy wet?” “Waarom moet my Verlosser waarlik mens én waarlik God wees?” “Watter hoop hou die ewige lewe vir my in?” Die resultaat was Wie is God? Hierdie kompakte gids bevat 52 geloofsvrae soos hierdie vir gelowiges.

Die Apostoliese Geloofsbelydenis, die Geloofsbelydenis van Nicea, die Geloofsbelydenis van Athanasius, die Heidelbergse Kategismus en die Westminster Geloofsbelydenis dien as basis vir die kernantwoorde in Wie is God?

Gebaseer op 0 resensies

0.0 algeheel
0
0
0
0
0

Wees die eerste om 'n resensie te los vir “Wie Is God (Sagteband)”

Daar is nog geen resensies nie.

Cum Books

Verwerking tydperk

Reg om te versend binne 1-2 weke van Suid Afrika

error: Inhoud Is Beskerm!!